ABOUT US
ABOUT SKERP
SKERP is ’n Suid-Afrikaanse handelsmerk wat inspirasie kry uit die alledaagse lewe.
Ons vat wat ons elke dag sien, hoor en beleef – die woorde wat sommer net uitglip, die oomblikke wat almal ken – en maak dit deel van ons ontwerpe.
Ons gebruik daaglikse taal en tipiese Suid-Afrikaanse uitdrukkings om ’n glimlag te bring, ’n punt te maak of net iets te sê waarmee mense kan identifiseer.
By SKERP glo ons styl hoef nie ernstig te wees om mooi te wees nie.
Ons klere vertel stories, vang oomblikke vas en sê soms presies wat jy dink, sonder dat jy dit hardop hoef te sê.
SKERP is vir mense wat verstaan dat styl ook ’n persoonlikheid kan hê.